Modular Afrikaans and English

Modulêr MBA - Afrikaans

Hierdie modulêre blokprogram stel bestuurders in staat om die klasprogram by te woon sonder te veel inbreuk op hul werkverpligtinge, ongeag waar hulle woon. Studente moet 1 oriënteringsblok en 10 studieblokke van klasse oor 3 jaar bywoon en hul navorsingsverslae in hul derde jaar voltooi. Gradeplegtigheid vind gewoonlik in Maart ná die drie jaar plaas.

Klasse word hoofsaaklik in Afrikaans aangebied behalwe waar die dosente (wat byvoorbeeld van die buiteland kom) nie Afrikaans verstaan nie. Dit stel ook Afrikaanssprekende studente in staat om hul MBA in hul huistaal te doen terwyl hulle voltyds werk. Deelnemers aan hierdie program moet tweetalig wees (Afrikaans en Engels).

Die program begin in Februarie. (Die program begin in Februarie. (Daar is ook twee Engelse Modulêre MBA-programme – een begin in Januarie en een in Junie.)

Die struktuur en inhoud van die modulêre kursus is dieselfde as dié van die voltydse en deeltydse kursusse.

"Doen jou Modulêre MBA oor 3 jaar:
Blokke klasse versprei oor 3 jaar + navorsingsverslag"

MBA modulêr: Februarie-inname (Afrikaans)
Eerste jaar (2012) van 3-jaar program:

  • Oriëntering: 8 – 11 Februarie
  • Blok 1: 26 – 31 Maart
  • Blok 2: 16 – 21 Julie
  • Blok 3: 8 - 13 Oktober

MBA modulêre blokrooster vir 2012

ORIËNTERINGSBLOK BLOK 1 BLOK 2 BLOK 3
Persoonlike
Vaardigheids=
ontwikkeling
Bestuurskonsepte Bestuurskonsepte Besluitontleding
Navorsings=
metodologie
Persoonlike
Vaardigheids=
ontwikkeling
Ekonomie vir Bestuurders Bestuurs=
rekeningkunde
Leierskap Ekonomie vir Bestuurders Navorsings=
metodologie
Operasionele en Inligtingsbestuur
     Navorsings=
metodologie
Besluitontleding Leierskap
Besluitontleding Bestuurs=
rekeningkunde
    

MBA modulêre blokrooster vir 2013

BLOK 4 BLOK 5 BLOK 6 BLOK 7
Besluitontleding Besluitontleding Operasionele en Inligtingsbestuur Besigheidsfinansies
Bestuursrekeningkunde Bestuursrekeningkunde Internasionale Bestuur Internasionale Bestuur
Operasionele en Inligtingsbestuur Operasionele en Inligtingsbestuur Bemarkingsbestuur Strategiese Bestuur
Bemarkingsbestuur Bemarkingsbestuur Leierskap Leierskap
Leierskap Leierskap  

MBA modulêre blokrooster vir 2014

BLOK 8 BLOK 9 BLOK 10
Besigheidsfinansies Besigheidsfinansies Strategiese Bestuur
Sake in die Samelewing Sake in die Samelewing Keusevakke
Strategiese Bestuur Strategiese Bestuur
Leierskap Leierskap

Die USB behou die reg voor om die datums van die lesingsroosters of vakke per blokrooster te wysig. Studente sal betyds van veranderinge in kennis gestel word.

Meer inligting

 PDF van omvattende MBA-brosjure in Afrikaans [Lees]
 PDF van omvattende MBA-brosjure in Afrikaans [Druk / Laai af]

 PDF van omvattende MBA-brosjure in Engels [Lees]
 PDF van omvattende MBA-brosjure in Engels [Druk / Laai af]