USB Communities: Students | Alumni | Staff
Modulêre MBA - Afrikaans
Hierdie modulêre blokprogram stel bestuurders in staat om die klasprogram by te woon sonder te veel inbreuk op hul werkverpligtinge, ongeag waar hulle woon. Studente moet 1 oriënteringsblok en 10 studieblokke van klasse oor 3 jaar bywoon en hul navorsingswerkstukke in hul derde jaar voltooi. Gradeplegtigheid vind gewoonlik in Maart ná die drie jaar plaas.
Klasse word hoofsaaklik in Afrikaans aangebied behalwe waar die dosente (wat byvoorbeeld van die buiteland kom) nie Afrikaans verstaan nie. Dit stel ook Afrikaanssprekende studente in staat om hul MBA in hul huistaal te doen terwyl hulle voltyds werk. Deelnemers aan hierdie program moet tweetalig wees (Afrikaans en Engels).
Die program begin in Februarie. (Die program begin in Februarie. (Daar is ook twee Engelse Modulêre MBA-programme – een begin in Januarie en een in Junie.)
Die struktuur en inhoud van die modulêre kursus is dieselfde as dié van die voltydse en deeltydse kursusse.
"Doen jou Modulêre MBA oor 3 jaar:Blokke klasse versprei oor 3 jaar + navorsingswerkstuk"
MBA Modulêr: Februarie-inname (Afrikaans)Eerste jaar (2014) van 3-jaar program:
MBA modulêre blokrooster vir 2014
MBA modulêre blokrooster vir 2015
MBA modulêre blokrooster vir 2016
Die USB behou die reg voor om die datums van die lesingsroosters of vakke per blokrooster te wysig. Studente sal betyds van veranderinge in kennis gestel word.
Meer inligting
PDF of comprehensive MBA brochure in English [Read]